
AudreyStories
AudreyStories
Mexico 1. Bergdorpie waar stories begin: "Katerina se Simfonie" se oorsprong in San Sebastian del Oeste, Mexico
"Katerina se Simfonie". Ek was op my eie in Mexico en wou gaan kyk hoe 'n baie klein dorpie hoog hoog in die berge lyk -- een van daai plekke waar toeriste nie kom nie. Dis 'n silwermyn dorpie en die hotel se skoonmaker het my soontoe geneem en daar gelos. Ek het dadelik 'n brakkie gekry wat my die dorp gewys het, en ek het hom Hond genoem. Ek en Hond is heel eerste rivier toe, waar vrouens oranje tafeldoeke gewas het. Hond het geswen. Daarna is ons na die blou Katolieke kerk toe, waar iemand orrel geoefen het. Ons het brood gekoop en dit op die kerkplein geëet. Ek het die geur van die dorpie se kaneel koffie gemeng met koejawels in my rugsak gepak. "Katerina se Simfonie" se storie kom van daar af. Rede? Ek wou daar bly, vir baie baie langer as wat ek kon ...