A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
A few minutes in time with tiaan gildenhuys podcast
Ep.15 (01.03.26) - (Afr.) - Laat ons ophou met ons trots en hoogmoed
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek.
(Spr. 8:13 Afrikaans OV)
Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
(Spr. 16:18 Afrikaans OV)
Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
(2 Tim. 3:1-5 Afrikaans OV)