Laat ons Boekevat

Matteus 21

Jan Smit Season 1 Episode 22

In vandag se bybelstudie kyk ons na 'n baie belangrike gebeurtenis, naamlik Jesus se intog in Jerusalem, of wat die kerk van vandag vier as Palm Sondag. Ons lees ook van Jesus wat die tempel reinig en die vyeboom vervloek. Intussen probeer die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds om Jesus van te trek met allerhande vrae. In Sy gesprek met die kerkleiers vertel Hy vir hulle twee gelykenisse, wat hulle so ontstel dat hulle Hom weereens gevange wou neem. Hulle doen dit egter nie, omdat hulle te bang was vir die reaksie van die skare.