Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Episodes
97 episodes
Lukas 9b
Jesus is nou op pad vanaf die berg Hermon, terug na Galilea. Op die pad, dryf Hy 'n bose gees uit 'n seun uit, kondig die tweede keer Sy eie dood aan, en leer die dissipels dat die mens se eie ego en status, nie belangrik is in die koninkryk va...
Pinkster 2026 Bid in die Heilige Gees
Sover het ons Pinkster reeks vir hierdie jaar ingesluit: "Christelike gebed", "Bid tot die Vader", en "Bid deur Jesus Christus."Vandag sluit ons die reeks af met "Bid in die Heilige Gees."Ons wens julle almal 'n geseënde Pinkster ...
Pinkster 2026 Bid deur Jesus
Die bloed van Jesus gee ons toegang tot die Vader, en Jesus is ons Voorspraak en Advokaat by God.Jesus leer ons om te bid, en Hy is vir ons 'n voorbeeld van gereelde en opregte gebed. En die grootste voorreg wat ons het, is om in die Naa...
Pinkster 2026 Bid tot die Vader
Verlede keer het ons geleer oor Christelike gebed.Vandag kyk ons na gebed tot ons hemelse Vader, en gebed in geloof.
Pinkster 2026 Christelike gebed.
In ons Pinkster biduur en Bybelstudie reeks gaan ons hierdie jaar meer leer oor gebed. Ons wil graag leer wat gebed id en hoe om effektief te bid.En ons wil ons in die tyd toelê op gebed om te vra dat die Heilige Gees ons weer opnuut sal...
Lukas 9a
Jesus doen nog wonderwerke, en hy leer die dissipels en al die mense wat Hom volg.Dan lees ons van Petrus se belydenis, en van Jesus se verheerliking op die berg.Net daarna begin Jesus om vir die dissipels te vertel van Sy komende...
Hemelvaart 2026
Vandag herdenk ons die Hemelvaart van Jesus Christus, ons Verlosser.Ons kyk na die lewe van Jesus, van voor die grondlegging van die aarde af, tot na Sy opstanding uit die dood.
Lukas 8
In hierdie hoofstuk van Lukas leer Jesus die mense deur gelykenisse, en doen Jesus 'n aantal wonderwerke.In hierdie gedeelte is daar weereens 'n hele aantal lewenslesse vir ons om te leer.
Luke 7
In hoofstuk 7 gaan Jesus voort om mense gesond te maak en om dooies op te wek. Jesus antwoord ook 'n vraag van 'n ongeduldige Johannes die Doper, en Hy gaan eet aan die huis van Simon die Fariseër, waar Hy 'n sondige vrou se sondes ...
Lukas 6
Jesus genees die man met die gebreklike hand, en dan kies Hy sy twaalf apostels nadat Hy die hele nag lank tot Sy Vader gebid het.Dan lees ons weer die bergrede van Jesus, waar Hy vir ons 'n groot klomp kosbare lesse leer.
Lukas 5
Jesus roep sy eerste dissipels om Hom te volg, naamlik Simon Petrus, Jakobus en Johannes. Jesus genees ook 'n melaatse man en 'n verlamde man.Dan roep Jesus die tollenaar Levi, oftewel Matteus, om Hom te volg.
Lukas 4
Na Sy doop word Jesus deur die duiwel versoek in die woestyn. Drie maal probeer die duiwel om vir Jesus sover te kry dat Jesus hom moet aanbid en gehoorsaam, maar telkens gebruik Jesus skrifgedeeltes om die versoeking van die duiwel te weerstaa...
Paasdiens 2026
Tydens ons Paas diens hierdie Vrydag, gaan ek en ses ander persone elkeen 'n 7-minute boodskap lewer oor een van Jesus se sewe kruiswoorde.My opdrag is om te praat oor Johannes 19 vers 28 waar Jesus sê: Ek is dors.Ek deel graag my...
Lukas 3
Johannes die Doper kry die opdrag van die Here om te begin met sy bediening, en hy doop ook vir Jesus.Jesus bid tot God, en ontvang die Heilige Gees, en die goedkeuring van Sy Vader in die hemel.Ons leer ook meer uit die geslagsre...
Lukas 2
Vandag lees ons van die geboorte en besnydenis van Jesus, en ons lees van die herders in die veld en die engelekoor wat Jesus se koms aangekondig het.Ons lees van Simeon en Anna in die tempel, en dat hulle gevul was met die Heilige Gees....
Lukas 1b
Hoofstuk 1 sluit af met Maria se besoek aan Elisabet, en haar loflied aan die Here.Dit vertel ons ook van die geboorte van Johannes die Doper, en van Sagaria se loflied aan die Here.In hierdie gedeelte kom ons onder die indruk van...
Lukas 1a
Ons begin vandag met die evangelie volgens Lukas, en ons gaan lees van die aankondigings van twee geboortes, naamlik die van Johannes die Doper, en die van Jesus Christus.
2 Petrus Hoofstuk 3
Vandag gee Petrus ons weer die versekering van Jesus se wederkoms, en waarsku hy ons om gereed te wees daarvoor.Hy waarsku weer teen die vals leraars en beginsellose mense wat 'n verkeerde uitleg van die skrif gee. Hy sluit sy brief af d...
2 Petrus Hoofstuk 2
Petrus waarsku die gemeentes, en vir ons vandag, teen die vals leraars en die dwaalleer wat hulle verkondig. Ons word aangemoedig om te volhard in die geloof, en om getrou te bly aan die Weg van die waarheid.
2 Petrus Hoofstuk 1
Ons begin vandag met die tweede brief van die apostel Petrus aan die uitverkorenes in Klein-Asië.Die hoofstuk handel meestal oor die Christene se geloof en hulle kennis van God en van Jesus Christus, en hulle word aangespoor tot liefde v...
1 Petrus 4 en 5
Petrus sluit sy brief af met die bemoediging aan die Christene wat vervolg word, en met die opdrag aan die ouderlinge wat die gemeentes moet bedien.Hy sluit die brief af met die versekering dat die beginsels wat hy in die brief oorgedra ...
1 Petrus Hoofstuk 3
Ons leer vandag meer oor die gesagstrukture van die Here, met verwysing na die verhouding tussen man en vrou in die huwelik. Ons leer ook hoe elkeen homself moet gedra in die samelewing.Verder leer ons dat dit 'n voorreg is om te ly ter ...
1 Petrus Hoofstuk 2
Jesus, die steen wat deur die bouers verwerp is, die Verlosser wat deur die mense gekruisig is, het die Hoeksteen van ons geloof geword.As kinders van God is ons burgers van die koninkryk van Jesus, en daarom is ons vreemdelinge en bywon...