
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Episodes
51 episodes
Markus 2
Jesus leer vir die skrifgeleerdes, en vir Sy volgelinge, en vir my en jou vandag, belangrike lesse in hierdie hoofstuk. Hy leer vir ons dat vergifnis van sonde belangriker is as 'n gesonde liggaam. Ons leer dat Jesus nie net Seun van God is nie...
•
Season 2
•
Episode 31
•
22:15

Markus 1
Terug by die evangelies, begin ons vandag met die evangelie volgens Markus. Die evangelie begin met die bediening van Johannes die Doper, en ook die doop van Jesus. Jesus roep Sy eerste dissipels, begin om te preek en om mense te genees. Markus...
•
Season 2
•
Episode 30
•
24:15

Titus 3
Ons het aan die einde gekom van die brief aa Titus, en so ook aan die einde van die drie pastorale briewe van Paulus. Ons het baie geleer oor ons verpligtinge en verantwoordelikhede binne die gemeente, die noodsaaklikheid van gebed, ons diens a...
•
Season 2
•
Episode 12
•
15:35

Titus 2
Paulus verduidelik aan Titus, en so ook aan die gemeente in Krete, en so ook aan ons vandag, die gesonde leer van Jesus Christus. Ons lewens moet 'n positiewe en opbouende invloed op ons gemeenskap hê. Die mense rondom ons moet die Woord van Go...
•
Season 2
•
Episode 11
•
14:04

Titus 1
Paulus begin sy pastorale brief aan Titus met die bekende manier waarop Paulus altyd sy leser groet: Hy stel homself voor as dienaar van God en apostel van Jesus Christus. Dan gee hy aan Titus die opdrag om ouderlinge aan te stel. en beskryf di...
•
Season 2
•
Episode 10
•
18:34

Pinkster Sondag
In Jerusalem is dit tyd vir Shavuot, die Fees van Weke, en die stad is in rep en roer. Duisende Jode het van regoor die wêreld gekom om die fees te vier. Die tyd het ook aangebreek vir die uitstorting van die Heilige Gees waarvoor Jesus se diss...
•
Season 3
•
Episode 7
•
13:49

Pinkster Vrydag
Vandag lees ons van Salomo se gebed vir gehoorsaamheid en vir insig om die volk te regeer as koning. Sy gebed word verhoor, en in God se goedheid geen Hy ook vir Salomo rykdom en eer. Maar later het Salomo gedoen wat verkeerd is in die oë van d...
•
Season 3
•
Episode 6
•
8:46

Pinkster Donderdag
Die gebed van Elia vir reën in Israel. Elia leer ons om te glo wanneer ons bid. Elia leer ons om aan te hou bid. Elia leer ons om te vertrou op die beloftes van die Here. Ons leer dat God getrou en regverdig is, en dat God ons gebede sal verhoo...
•
Season 3
•
Episode 5
•
9:07

Pinkster Woensdag
In 1 Samuel lees ons dat Hanna tot die Here gebid het in haar nood en hartseer, en dat die Here haar gebed verhoor het. Sy het 'n gelofte afgelê, en sy het getroue gebly aan haar gelofte. Dan lees ons Hanna se pragtige dankgebed in 1 Samuel hoo...
•
Season 3
•
Episode 4
•
8:01

Pinkster Dinsdag
Ons tema vir die week is Gebed. Vandag kyk ons na Jesus se intieme en persoonlike gebed in Getsemane. Ons kry ook die opdrag om nie te slaap nie, maar om te waak en te bid.
•
Season 3
•
Episode 3
•
6:50

Pinkster Maandag
Ons herdenk Pinkster hierdie week deur 'n reeks bybelstudies met die tema: Gebed. Vandag kyk ons na Jesus se model gebed, die Onse Vader.
•
Season 3
•
Episode 2
•
9:24

Hemelvaart
Wanneer Jesus opvaar na die hemel, belowe Hy om altyd by ons te wees, Hy belowe dat ons met die Heilige Ges gedoop sal word, Hy belowe dat ons krag sal ontvang om Sy getuies te wees. As ons eensgesind volhard in die gebed, sal hierdie beloftes ...
•
Season 3
•
Episode 1
•
11:00

2 Timoteus 4
Paulus gee sy laaste en belangrike opdrag aan Timoteus: "Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig;" Al sal die mense die gesonde leer nie meer verdra nie, al sal hulle vir hulle leermeesters bymekaar maak wat net sal sê wat hulle ...
•
Season 2
•
Episode 9
•
19:08

2 Timoteus 3
Paulus leer ons van die swaar tye wat sal kom in die laaste dae, en dan gee hy sy laaste opdragte aan Timoteus. "Die kennis van die heilige Skrif lei tot verlossing deur die geloof in Jesus Christus." Dit is die boodskap aan my en jou vandag.
•
Season 2
•
Episode 8
•
16:34

2 Timoteus 2
'n Christen is 'n goeie soldaat vir Christus, 'n atleet wat volgens die reëls deelneem, en 'n boer wat hard werk om die oes in te bring. Dan sal die kennis vermenigvuldig en die evangelie aan almal verkondig word. Dan sal ons bruikbaar wees in ...
•
Season 2
•
Episode 7
•
20:08

2 Timoteus 1
Paulus skryf sy tweede brief aan Timoteus terwyl hy 'n gevangene is in die tronk in Rome. Dit is 'n baie emosionele brief omdat Paulus verlang om weer vir Timoteus te sien, maar omdat hy weet dat hy aan die einde van sy lewe gekom het en nie we...
•
Season 2
•
Episode 6
•
16:58

1 Timoteus 6
In hierdie hoofstuk leer ons van die Christelike plig van alle werknemers, en ook weer meer oor die vals leerstellings binne die kerk van Jesus. Paulus lê klem op die gevare van geldgierigheid, en spoor ons aan om ryk te wees in goeie dade.
•
Season 2
•
Episode 5
•
21:55

1 Timoteus 5
Vandag lees ons verder oor die herderlike vermaning van Paulus aan Timoteus. Byvoorbeeld, hoe om ouer mense sowel as jonger mense te behandel, naamlik met respek en eerbied. Ons leer ook van die taak van die weduwees in die gemeente, sowel as d...
•
Season 2
•
Episode 4
•
20:38

1 Tim. 4
Paulus waarsku teen die dwaalleraars en teen die afvalligheid wat in die eindtyd sal vermeerder. Hy gee ook vir Timoteus riglyne om 'n goeie dienaar van Christus Jesus te wees, riglyne waarop ons ons ook vandag moet toelê.
•
Season 2
•
Episode 3
•
18:49

1 Timoteus 2 en 3
Ons leer oor voorbidding vir ons medemens, en veral vir die regering en mense wat gesag uitoefen. Ons leer ook van die pligte van mans en vroue en ouderlinge en diakens in die christelike gemeente.
•
Season 2
•
Episode 2
•
19:15

1 Timoteus 1
Paulus skryf 'n pastorale brief aan die jong Timoteus, om hom te onderrig en te ondersteun as leraar in die gemeente in Efese.
•
Season 2
•
Episode 1
•
19:21

Matteus 28
Vandag lees ons die laaste hoofstuk van die evangelie van Matteus. Ons lees van Jesus se opstanding uit die dood, Sy verskyning aan Sy volgelinge, en die laaste en belangrike opdrag aan die dissipels. Maar ons leer ook 'n les oor die mag van 'n...
•
Season 1
•
Episode 29
•
14:27

Mattheus 27
Die mense moes kies: Jesus Barabbas of Jesus Christus. Pilatus laat Jesus gesel, en dan word Jesus gekruisig en begrawe.
•
Season 1
•
Episode 28
•
24:57
