
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Laat ons Boekevat
Markus 3
•
Jan Smit
•
Season 2
•
Episode 32
Jesus genees die man met die gebreklike hand, en die Fariseërs en Herodiane smee 'n komplot om vir Jesus dood te maak. Die twaalf apostels word uitgekies en amptelik aangestel deur Jesus, sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.
Jesus se familie is bekommerd oor Hom en wil Hom kom haal terug huis toe, maar Jesus doen nou die werk van Sy hemelse Vader, en Hy kondig aan dat Sy kerk van nou af Sy familie sal wees.
Jesus leer ons ook van die onvergeeflike sonde: Die sonde om te laster teen die Heilige Gees.