
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Laat ons Boekevat
Markus 6
•
Jan Smit
•
Season 2
•
Episode 35
“'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.” Dit is ook die ervaring van Jesus in Sy tuisdorp, Nasaret.
Jesus stuur die twaalf apostels uit op hul eerste sending reis, en ons lees ook die geskiedenis van die dood van Johannes die Doper.
Verder doen Jesus nog wonderwerke en maak Hy nog mense gesond, en in al hierdie aktiwiteite van Jesus is daar vir ons belangrike lesse om te leer.