Laat ons Boekevat

Markus 8

Jan Smit Season 2 Episode 37

Jesus bereik 'n draaipunt in Sy bediening hier in hoofstuk 8 en 9. Na ongeveer twee en 'n half jaar se prediking en wonderwerke in die omgewing van die see van Galilea, reis Jesus noord na Sesarea-Filippi aan die voet van die berg Hermon.

Daar, vir die eerste keer, erken Petrus en die dissipels vir Jesus as die Christus, die Seun van die lewende God.

Jesus het ook weer 4000 mense kos gegee met net sewe brode en 'n paar vissies, en Hy het ook nog 'n blinde man gesond gemaak.

Kom lees en luister gerus saam met ons.