Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Laat ons Boekevat
Lukas 4
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
Na Sy doop word Jesus deur die duiwel versoek in die woestyn. Drie maal probeer die duiwel om vir Jesus sover te kry dat Jesus hom moet aanbid en gehoorsaam, maar telkens gebruik Jesus skrifgedeeltes om die versoeking van die duiwel te weerstaan.
Daarna begin Jesus om die mense te leer in die sinagoges. Eers in Nasaret, sy tuisdorp, waar die mense Hom verwerp, Hom uit die dorp uitjaag, en selfs dreig om Hom dood te maak.
Jesus preek ook in Kapernaum, waar Hy Simon Petrus se moeder genees het, en ook 'n bose gees uit 'n man verdryf het, sodat hy weer gesond was.