Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
Episodes
284 episodes
Boeke van die profete 1: Serubbabel vat Juda terug na hulle land
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land.
•
Season 6
•
Episode 1
•
10:58
Stories uit Kanaän 110: Die laaste vier konings van Juda
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36.
•
Season 5
•
Episode 110
•
10:59
Stories uit Kanaän 109: Konings Amon en Josia van Juda
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35.
•
Season 5
•
Episode 109
•
10:26
Stories uit Kanaän 108: Koning Manasse van Juda
In 2 Konings 22 en 2 Kronieke 33 lees ons van Hiskia se seun Manasse. Hy het sleg begin en goed geëindig. Genade!
•
Season 5
•
Episode 108
•
9:08
Stories uit Kanaän 107: God maak vir Hiskia gesond
Ons lees in 2 Konings 20, 2 Kronieke 32 en Jesaja 38 van Hiskia wat siek geword het en God wat hom gesond gemaak het.
•
10:02
Stories uit Kanaän 106: Koning Hiskia en koning Sanherib
Koning Sanherib het vir Jerusalem beleër. Hikia het na die Here geroep en Hy het uitkoms gegee. Ons lees dit in 2 Konings 18, 19 en 2 Kronieke 32.
•
Season 5
•
Episode 106
•
10:45
Stories uit Kanaän 105: Hiskia word koning van Juda
Ons begin lees van Hiskia, want naas Dawid, een van die getrouste konings was. Hy het die tempeldiens weer herstel. Ons lees dit in 2 Konings 18 en 2 Kronieke 29 tot 31.
•
Season 5
•
Episode 105
•
10:27
Stories uit Kanaän 104: Die laaste koning van Israel
Hosea was die laaste koning van die noordelike ryk van Israel. In hierdie storie word die eerste mense van Israel weggevoer deur Assirië. Ons lees dit in 2 Konings 17.
•
Season 5
•
Episode 104
•
9:28
Stories uit Kanaän 103: Koning Agas van Juda
In 2 Konings 16 en 2 Kronieke 28 lees ons van koning Agas van Juda wat sy eie kop gevolg het. Ons vewys ook na Spreuke 3:6.
•
Season 5
•
Episode 103
•
10:29
Stories uit Kanaän 102: Konings Asarja en Jotam van Juda
In 2 Konings 15 en 2 Kronieke 26 en 27 lees ons van die pa en seun: Asarja en Jotam van Juda. Asarja het op 'n stadium die Here vergeet, maar Jotam het Hom getrou gedien tot hy oud was.
•
Season 5
•
Episode 102
•
9:43
Stories uit Kanaän 101: Ses konings van Israel
Hierdie storie gaan oor ses van Israel se konings. Nie een het die Here gedien nie. Tog sien ons steeds die Here se goedheid en genade in die stories. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 15.
•
Season 5
•
Episode 101
•
10:33
Stories uit Kanaän 100: Koning Amasia van Juda
Koning Amasia van Juda was die seun van Joas. Hy het ook goed begin, maar later die Here vergeet. Ons lees dit in 2 Konings 14 en 2 Kronieke 25.
•
Season 5
•
Episode 100
•
10:24
Stories uit Kanaän 99: Konings Joahas en Joas van Israel
In 2 Konings 13 lees ons van twee konings van Israel en van Elisa wat gesterf het. In hierdie storie kom God se genade en sy krag so duidelik na vore!
•
Season 5
•
Episode 99
•
10:42
Stories uit Kanaän 98: Koning Joas se regering
In 2 Konings 12 en 2 Kronieke 24 hoor ons van koning Joas van Juda en hoe hy goed begin, maar sleg geëindig het.
•
Season 5
•
Episode 98
•
9:57
Stories uit Kanaän 97: Jehu word koning oor Israel
God het gesê dat Agab se hele familie uitgewis gaan word deur die hand van 'n nuwe koning. Ons lees hiervan in 2 Konings 9 en 10.
•
Season 5
•
Episode 97
•
10:19
Stories uit Kanaän 96: Joas word koning oor Juda
In 2 Konings 11 en 2 Kronieke 22 en 23 lees ons hoe God sy belofte gehou het dat daar weer iemand uit die nageslag van Dawid op Juda se troon sit. Die storie van die jong koning Joas.
•
Season 5
•
Episode 96
•
9:44
Stories uit Kanaän 95: Konings Joram en Ahasia van Juda
Israel en Juda het konings gehad met dieselfde name. In hierdie storie word twee konings van Juda se storie vertel. Ons kry dit in 2 Konings 8 en 2 Kronieke 21 en 22.
•
Season 5
•
Episode 95
•
9:52
Stories uit Kanaän 94: Gasael word Aram se koning
Hierdie storie gaan oor die heidense koning, Gasael. Die Here het hom self uitgekies om koning oor Aram te word. Ons lees van hom in 2 Konings 8, 10, 12 en 13.
•
Season 5
•
Episode 94
•
9:51
Stories uit Kanaän 93: 'n Vrou kry haar grond terug
Die Here kan enige afspraak vooraf reël. Dit sien ons in hierdie storie in 2 Konings 8, toe God twee mense saam by die koning uitbring - om vir 'n vrou te sorg.
•
Season 5
•
Episode 93
•
9:04
Stories uit Kanaän 92: Hongersnood in Samaria
In 2 Konings 6 en 7 lees ons hoe die Here deur sy almag Israel van hongersnood gered het in Samaria.
•
Season 5
•
Episode 92
•
9:37
Stories uit Kanaän 91: Die Arameërs word blind
In 2 Konings 6 lees ons van God wat geheime laat uitlek, geestelike oë oopmaak en oë toemaak.
•
Season 5
•
Episode 91
•
9:07
Stories uit Kanaän 90: Naäman kry melaatsheid en word gesond
Ons lees die storie van Naäman se genesing in 2 Konings 5.
•
Season 5
•
Episode 90
•
10:28
Stories uit Kanaän 89: Elisa en wonderwerke van kos en 'n byl
God het besondere wonderwerke gedoen deur sy profete. In hierdie storie vertel ons sommer drie. Dis geskryf in 2 Konings 4 en 6.
•
Season 5
•
Episode 89
•
9:43