Bybelstories in Afrikaans
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.
Geniet die Woord!
Episodes
333 episodes
Boeke van die profete 41: Sagaria se laaste vier nagprentjies
In Sagaria 4-8 lees ons die volgende vier gesigte wat die profeet Sagaria by die Here gekry het, om vir die Jode te vertel.
Boeke van die profete 40: Sagaria kry prentjies in die nag
In Sagaria 1 - 3 lees ons van die profeet wat vir Haggai opgevolg het. God het met hom in nagtelike visoene gepraat. Vandag vertel ons van die eerste vier visioene.
Boeke van die profete 39: Haggai
Die kort boekie Haggai, beskryf die boodskappe wat God vir Serubbabel en Jesua gestuur het nadat 50 000 Jode terug is na Jerusalem, maar nie gekom het by die herbou van die tempel nie.
Boeke van die profete 38: Sefanja
Die profeet Sefanja het baie vertel van die dag van die Here, wanneer Hy die mense sal oordeel. Daar is tog ook baie van God se liefde in die boek - en dat Hy mense wil red.
Boeke van die profete 37: Die profeet Habakuk
Habakuk was die profeet wat die wonderlike "lied" geskryf het: "Al sou die vyeboom nie bot nie" - Al sou die Galdeërs alles kom kaalstroop, het hy besluit om steeds die Here te loof.
Boeke van die profete 36: Die profeet Nahum
In die boek Nahum word beskryf hoe God die stad Nineve van die Assiriërs gaan wegvee, omdat hulle God se mense wreed mishandel het.God straf skuldiges, maar sien om na sy mense.
Boeke van die profete 35: Die profeet Miga
In die boek Miga lees ons hoe God vir Miga gebruik het om te profeteer dat Israel en Juda weggevoer gaan word, omdat hulle God vergeet het. Juda het wel vir 'n tyd teruggedraai na God toe. Miga het ook geprofeteer dat Jesus we...
Boeke van die profete 34: Jona gaan na Nineve
In hoofstukke 3 en 4 lees ons hoe Jona toe tog in Nineve gaan preek het, maar hy was kwaad oor God se besluit daarna....
Boeke van die profete 33: Jona kry 'n opdrag by God
Jona 1 en 2 vertel ons hoe God vir hom 'n opdrag gegee het om na Nineve toe te gaan, maar hy hardloop weg van God af en beland in 'n vis se maag.
Boeke van die profete 32: Die profeet Obadja
In Obadja lees ons van die profesie teen Edom, of Esau, die broervolk van Israel.
Boeke van die profete 31: Die boek Amos
Amos was 'n skaap- en vyeboer wat God se strawwe vir Israel moes gaan vertel. Sy boodskap eindig met God wat tog 'n deeltjie van sy volk weer sou herstel.
Boeke van die profete 30: Die profeet Joël
Joël was 'n profeet in Juda, maar ons is onseker wanneer hy opgetree het. Hy het straf aangekondig, maar ook God se liefde en geduld vir die mense wat na Hom toe kom.
Boeke van die profete 29: Die profeet Hosea
Die boek Hosea vertel die storie van hoe God sy profeet se huweliks- en gesinslewe gebruik het om vir Israel te vertel wat Hy vir hulle wil sê.
Boeke van die profete 28: Daniël kry prentjies van die toekoms
In Daniël 7 tot 12 lees ons van visioene wat Daniël by God gekry het oor wat in die nabye en verre toekoms gaan gebeur. Vir ons is die belangrik om te weet: God is steeds in beheer!
Boeke van die profete 27: Daniël in die leeukuil
Ons lees hierdie wonderwerk in Daniël se lewe in Daniël 6. God het ook beheer oor sy diere wat Hy gemaak het!
Boeke van die profete 26: Belsasar en die hand teen die muur
In Daniël 5 lees ons van koning Belsasar wat 'n boodskap van God gekry het - geskryf teen 'n muur.
Boeke van die profete 25: Nebukadnesar se droom van 'n boom
In Daniël 4 lees ons van 'n brief wat koning Nebukadnesar van Babel vir sy hele ryk geskryf het nadat hy vir sewe tydperke sy verstand verloor het, maar teruggekom het om God te loof en te eer.
Boeke van die profete 24: Daniël se drie vriende word in 'n vuuroond gegooi
In Daniël 3 lees ons van die wonderlike storie van God wat drie gehoorsames van vuur gered het, en Nebukadnesar moes erken dat geen ander God so kan red soos Hy nie!
Boeke van die profete 23: Nebukadnesar droom van 'n blink beeld
Koning Nebukadnesare het 'n droom gehad, maar wou nie sy wyse manne vertel wat dit is nie. Hulle moes kom met die droom EN sy uitleg. God het vir Daniël gebruik in die storie om te wys wie is God. Ons lees dit in Daniël ...
Boeke van die profete 22: Daniël en sy vriende in die koning se paleis
Ons begin met die boek van Daniël. In Daniël 1 lees ons van die vier jongmanne uit Juda wat vir 10 dae net groente geëet het - met positiewe gevolge!
Boeke van die profete 21: Esegiël sien hoe God alles wil nuut maak
Esegiël 24 tot 48 bevat baie profesië wat Esegiël moes vertel. Daar is ook die storie oor die droë bene wat lewendig geword het.
Boeke van die profete 20: God se oordeel oor Israel
In Esegiël 12 tot 24 lees ons van klomp voorbeelde en stories wat God vir Esegiël gegee het om vir Israel te waarsku om op te hou sondig en terug te kom na God toe. In hoofstuk 18 is daar 'n uitroep van God dat Hy nuwe lewe vir alle mense...
Boeke van die profete 19: Die Gees wys Jerusalem vir Esegiël
In vandag se storie gaan Esegiël in die Gees na Jerusalem. God wys hom die redes hoekom die volk gestraf gaan word. Maar God se genade aankondiging word ook gedoen! Ons lees dit in Esegiël 8 tot 11.